Die gewilde werkswinkel - nou aanlyn en 10 SACE punte werd !
Hier is die video, SACE eksamen en sertifikaat-genereer fassiliteit vir die Graad R sonder Werkskaarte AANLYN werkswinkel.
Diegene wat nie aanlyn wil bywoon nie, of wat swak internetsein het, kan nou ook deel wees hiervan deur die video's te kyk of selfs net die klankbaan te luister.
Diegene wat reeds die aanlyn werkswinkel bygewoon en voor betaal het, sal deur ons kantoor per e-pos tot hierdie module toegelaat word. Jy hoef dus nie weer hier in te teken nie ! Sodra jy per e-pos bevestiging van jou registrasie ontvang - log regs bo in by bestaande intekenare (die inhoud lê reeds gereed vir jou.)
Yolandi is besig om te volg in die voetspore van Sophie Breytenbach. Tannie Sophie is 'n klein kinder onderrig spesialis, met 5 dekades se ervaring (en nog steeds aan die gang!). Saam ontwikkel die twee kursusse, werkswinkels en doen aanlyn begeleiding van mammas, hoofde en onderwysers. Yolandi is ook die aanbieder van die gewilde "Graad R sonder Werkskaarte" werkswinkel. Landswyd het sy al honderde onderrigters gehelp om perseptuele ontwikkeling aan te wakker in klein lyfies. Yolandi is die eienaar en Besturende Direkteur van Oasis Club (Edms) Bpk, waarvan die leuse is : "Die oase op jou onderrigpad"
Wat sê mense wat reeds die kursus gedoen het?
"Dankie vir die vrae en antwoord video. Mens kan altyd uit ander se vrae en jou antwoorde leer. Ek kan nie vir jou sê hoe ek die kursus geniet het nie."
Karen van Loggerenberg
Onderwyseres
"Baie dankie dit was ongelooflik baie sinvol. As 'n mamma en 'n juffrou van 3-4jaar groep het ek verskriklik baie geleer."