Welkom by die Wakker Akkers "Lockdown" hulp pakket !
Hierdie spesifieke pakket is uitsluitlik vir ons skooltjie se kinders en ouers.
Tydperk en aanvang
Vir die maand van April gaan die fisiese sentrum/skool gesluit bly in ooreenstemming met die huidige beleid. Ons gewysigde program begin Dinsdag 14 April 2020.
Jy sal Maandag, 13 April 2020 jou inteken besonderhede ontvang en die werk wat Dinsdag gedoen moet word sal Maandag beskikbaar wees.
Die nuwe materiaal verskyn dus die vorige dag reeds.
Hoe kry ek toegang ?
Van Dinsdag af gaan ons ouers via ons eie aanlyn leerportaal elke dag hulle werk kan ontvang.
Jy sal jou eie gebruikersnaam (jou eie eposadres) en wagwoord hê om in te teken.
Jy sal ‘n epos ontvang sodra die materiaal vir jou beskikbaar is om te besigtig.
Jy kan hierdie portaal vanaf jou selfoon ook bykom en jy het nie ‘n rekenaar nodig nie.
Jy kan ook op jou selfoon EN rekenaar toegang kry, maak net seker jy teken uit by die eerste toestel alvorens jy met die tweede een inteken. Jou gebruikersnaam en wagwoord sal dan dieselfde wees op beide toestelle.
Wat is in die pakket ?
'n Storie voorgelees deur tannie Sophie
‘n Wiskunde aktiwiteit
'n Taal aktiwiteit
'n Perseptuele ontwikkeling aktiwiteit
Verskillende ouderdomme sal verskillende aanwysings ontvang saam met die aktiwiteite.
Hoe weet ek my kind vorder genoegsaam om nie agter te raak met die jaar se werk nie ?
Ons stel elke week assesserings beskikbaar op hierdie aanlyn leerportaal.
Elke graad het hulle eie assesserings - maak seker jy kliek op die regte graad.
Ons sluit die beskrywing van die 7 punt skaal in sodat jy jou eie kind akkuraat kan assesseer.
Hoe is ek as ouer deel van die onderrig-span ?
Fotos : Die leeraktwiteite wat aansluit by ons weeklikse assesserings word vergesel met fotos as bewyse dat die aktiwiteite wel gedoen is. Vir graad R is dit 5 per week, graad 1 is dan 6 en graad 2 is 9.
Fotos van hierdie boekwerk word dan elke week saam met die ander fotos gestuur.
Ouers van Graad 1 & 2 kinders - kyk vir ons dat daar elke dag 3 bladsye in hulle taalboek en 3 bladsye in hulle wiskunde boeke gedoen is.